
[Agtergrond]
[#AfrVolPret Ops] [#AfrVolPret Reëls] [#AfrVolPret Nuus & Foto's] [Internetaflosgeselshulpblad]
[Pret & Speletjies] [Kuns & Kultuur] [Skakels]
#AfrVolPret
Reëls
Let op die volgende 12 reëls wanneer jy
#AfrVolPret gebruik:
- Om los te trek en ASL (Age, Sex & Location) te vra
is ONGESKIK. Wees bedagsaam, groet wanneer jy die kanaal binnekom en
gesels eers met diegene in die kanaal voordat jy ASL's vra.
- Om uitsluitlik in hoofletters te tik of 'n alias
uitsluitlik in hoofletters te gebruik word NIE toegelaat NIE.
- GEEN gevloekery of swetstaal nie.
- Om vir
"ops" te bedel is onaanvaarbaar en word in 'n ernstige lig beskou. Daar
bestaan 'n lysie met 'ops'... NET diegene op die
lysie kry ops. Hierdie lysie word gereeld nagesien en aangepas en daarna na alle 'ops'
gesirkuleer. Om te kwalifiseer vir 'ops' MOET
jy - aktief deelneem aan gesprekke in die kanaal (normaalweg vir drie - vier maande, maar
uitsonderings is moontlik) en basiese goeie manier (insluitende 'IRC' maniere) ken en
toepas. Dis belangrik om seker te maak dat jy nie verkeerde persone 'ops' gee nie.. maw..
doen die "account check" voor jy voortgaan om 'ops' te gee. Van 'ops' word ook
verwag om: - basiese toesig te hou in die #.. maar.. ook nie om onderwyser te speel nie (hoewel wenke aan nuwelinge (newbies) gebied kan word).
- Wanneer jy NIE jou
aandag in die kanaal kan gee nie (soos om Ally McBeal te kyk) .. 'deop' jy jouself .. las
iets soos "brb" of "weg" of "werk" aan jou nick. Sodra jy
weer beskikbaar is, herstel jou nick en die ander 'opse' sal jou weer 'ops' gee.
- VOICE
(+) is ons manier om bekendes te verwelkom.. maw... eintlik 'n eer ;). 'Voice'
word egter nie sommer net rond gestrooi nie.. jy moet ook WERK om dit te verdien .. dmv
deelname aan die kanaal se gesprekke.
- GEEN
'scripts' word toegelaat op Zanet nie. Dit geld ook vir #AfrVolPpret.
- #AfrVolPret is nie 'n bemarkingsterrein vir ander
kanale op Zanet of elders nie, hoewel 'n gesonde verhouding met ander kanale gehandhaaf
word (sonder inmenging in die sake van ander kanale). Diegene wat hulp soek kan, benewens
ons Internetaflosgeselshulpblad, ook #Beginner besoek.
- Moet NIE probeer om sekstoebehore (dit
sluit in uitnodigings aan allerlei pornografiese webbladsye) aan die gebruikers van
#AfrVolPret verkoop of af te smeer nie. Ons is almal goed genoeg bedeeld om daarsonder
klaar te kom.
- As jy belangstel in enige iets meer as vriendskap
besoek eerder #cybersex. Ons stel NIE belang aan jou seksuele voorkeure
nie.
- Die oorneem van 'n kanaal (channel takeovers)
word as 'n BAIE ERNSTIGE oortreding beskou. Moet ook nie dink jy gaan
daarmee wegkom nie (selfs al beplan jy om dag en nag vir die res van jou lewe in die
kanaal te bly sit met jou onverdiende 'ops'), in welke gevalle ons eie Babyserv's
(en ons het genoeg) jou in iedere geval gaan beetkry. Onthou .. jy maak 'n gek van jouself
as jy 'n kanaal oorneem. Daarmee diskwalifiseer jy jouself ook van enige ander toekomstige
besoeke aan #AfrVolPret.
- Hackers, nukers of enige iemand wat #AfrVolPret op
enige wyse probeer saboteur gaan sonder twyfel hulle GATTE sien. Wees dus
gewaarsku!!
Algemeen: Hoewel #AfrVolPret nie
voorskriftelik is rakende die inhoud van gesprekke nie, moet gesprekke oor politiek en
godsdiens en ander sensitiewe onderwerpe met omsigtigheid gehandhaaf word. #AfrVolPret
'ops' behou hulle die reg voor om enige sulke gesprekke stop te sit.
Okies... hmm ... kan darem ook nie die volgende
vergeet nie!!
Heel belangrikste:
- Hou jou humorsin byderhand
- Warm jou lagspiere op voor jy inlog
- Pak jou skinderskoene baie diep weg
- Sluit die kas waarin jou humeur gebêre word.. en gooi
sommer die sleutel ook weg
Vir diegene wat hulle by die reëls hou, sê ons dankie
:-). Geniet julle gesels in #AfrVolPret!!
|