Internetaflosgeselshulpblad [Inleiding] [Basiese Internetaflosgesels (IRC)-begrippe] [Lys van die Belangrikste Opdragte] [Lys van die Belangrikste Afkortings] [Gebruik van Kleure, Lettertipes (fonts) en Emotikons] [Beskerming teen Indringers] [Algemene Vrae - FAQ's] [Bronne] [Skakels: Addisionele Inligting] [Internetaflosgeselskliënte] [Opsteller & Erkenning] Hou hierdie bladsy dop vir 'n Afrikaanse geïllustreerde gids vir eerstemaal gebruikers van mIRC InleidingHierdie gids is saamgestel om Afrikaanssprekendes vertroud te maak met Internetaflosgesels (IRC), die gebruik daarvan en beskermingsmaatreëls teen indringers (virusse, "Trojaanse perde', ens). Laasgenoemde is nie daarop gerig om diegene wat van Internetaflosgesels gebruik maak of wil maak, af te skrik nie. Internetaflosgesels is trounes 'n baie gewilde kommunikasievorm op die Internet en kan baie veilig wees, afhangende van die voorsorgmaatreëls wat die gebruiker tref. Hierbenewens is dié gids bedoel om diegene wat van Internetaflosgesels gebruik maak, die etiket te leer. Die gids bestaan ook uit 'n algemene vrae (FAQ)-afdeling wat voordurend opgedateer sal word en sal poog om gebruikers se vrae met betrekking tot Internetaflosgesels te beantwoord. Kommentaar oor hierdie gids of enige ander vrae in verband met Internetaflosgesels kan vrymoediglik gerig word aan irchulp@afrvolpret.freeservers.com (vrae oor Internet-aflosgesels) of afrvolpret@radiotuks.co.za (algemene kommentaar en navrae). Stiptelike of persooonlike antwoorde kan ongelukkig nie onder alle omstandighede gewaarborg word nie, maar geldige vrae / kommentaar sal ongetwyfeld aandag geniet.
Basiese Internetaflosgesels (IRC)-begrippeInternetaflosgesels (IRC)Internetaflosgesels (beter bekend as IRC of Internet Relay Chat) het sy ontstaan gedurende 1988 in Finland gehad en is deur Jarkko Oikarinen geskep. Met die geweldige groei van die Internet in die negentigerjare het Internet-aflosgesels een van die gewildste kommunikasievorme op die Internet geword. Internetaflosgesels stel 'n persoon in staat om regstreeks met enige iemand anders in die wêreld (wat aan 'n bepaalde netwerk soos Dalnet, Undernet, Zanet, ens gekoppel is) te gesels teen die prys van 'n plaaslike telefoonoproep. Die enigste vereiste (behalwe 'n Internetkoppeling, natuurlik) is 'n program of (kliënt) wat jou in staat stel om aan 'n Internetaflosgeselsnetwerk te koppel en met ander persone te gesels. Deelware, waarvan mIRC of Pirch die gewildste is, koppel jou aan 'n bediener binne 'n Internetaflosgeselsnetwerk (byvoorbeeld, een van Zanet se talle bedieners). Daar is ook Java-programme of soorgelyke kliënte op bekende web bladsye wat jou in staat stel om bloot met behulp van Blaaiers soos Netscape of Internet Explorer by 'n geselsnetwerk aan te sluit. Sodoende kan jy met enige iemand deur middel van enige beskikbare kanaal (virtuele kamers - gewoonlik met 'n bepaalde onderwerp van bespreking) op 'n gegewe netwerk gesels of selfs jou eie geselskanaal skep. Privaatgesprekke kan ook met persone gevoer word deur bloot die volgende opdrag in te voer: /msg alias of /query alias om 'n nuwe venster vir privaatgesprek te open. Enkele voordele van Internetaflosgesels sluit die volgende in:
WENK: Moet jou nie laat afskrik deur bangmaakstories oor die gebruik van Internetaflosgesels nie. Ongelukkig is dit wel so dat dit ook een van die talle middele is waardeur pornografie uitgeruil kan word, of wat kan lei tot die verneitiging van verhoudings (agv verslawing), ens. Die oorsaak lê egter gewoonlik by die gebruiker. Hierdie negatiewe nagevolge is egter die uitsondering en nie die reël nie. Die verantwoordelike gebruik van Internetaflosgesels en die nodige mate van versigtigheid beteken dat die voordele daarvan die nadele oorskry en van Internetaflosgesels 'n prettige ondervinding maak.
Bedieners (Servers)Dit is onmoontlik om Internetaflosgesels te gebruik sonder om deur een of ander bediener by 'n geselsnetwerk aan te sluit. Sulke netwerke (soos Zanet of Lagnet) bestaan uit 'n klomp bedieners wat data oor gebruikers byhou, met mekaar kommunikeer en jou opdragte en teks na die netwerk kanaliseer. Wanneer jy vir die eerste keer (of daarna) deur mIRC by 'n netwerk aansluit, dan vertoon die program 'n keuselys van bedieners waarvan jy gebruik kan maak Alternatiewelik kan jy aansluit by 'n bediener deur die volgende opdrag in te tik: /server [naam van bediener]. Die volgende bedieners sal jou in staat stel om aan Zanet te koppel:
Die agtervoegsel .za is 'n aanduiding dat die bediener in Suid-Afrika gesetel is. Die geografiese nabyheid sal uiteraard die spoed waarteen jy aan 'n netwerk koppel bepaal, en daarom is dit aan te beveel om altyd die naaste moontlike bediener te kies wanneer jy wil gesels. Groot netwerke soos Dalnet,EFnet, Undernet,Galaxynet, IRCNet,NewNet, StarLink en ChatNet het bedieners regoor die wêreld. Elders in Suid-Afrika kan jy gesels op Knightnet ( orc.dbn.za.knightnet.net in Durban ofcastle.jhb.za.knightnet.net in JHB), Lagnet(splash.lagnet.org.za in Kaapstad of mystery.lagnet.org.za in JHB) of MWeb in Pretoria (chat-pta.mweb.co.za). Laasgenoemde koppel jou aan verskillende geselsnetwerke (onderskeidelik Knightnet, Lagnet en MWeb), elk met sy eie kanale en gebruikers. Sommige bedieners vereis wagwoorde of aanvaar slegs gebruikers in hulle eie geografiese omgewings. Sommiges soos Zanet laat jou toe om jou bynaam of alias te registreer. Ander bedieners laat jou toe om 'n kanaal te registreer en 'n robot te gebruik om die kanaal in jou afwesigheid oop te hou. Elke geselsnetwerk en sy bedieners verskil dus ten opsigte van die gebruikers wat hulle toelaat, die aantal gebruikers en kanale, sowel as bepaalde funksies of geriewe vir die gebruikers daarvan. Poortnommers (in die algemeen 6667) kan gesien word as die toegang tot 'n bediener. Wanneer jy mIRC gebruik, sal jy opmerk dat die poortnommers vir die lys bedieners reeds opgestel is. Indien jy nie die standaardwaarde van 'n bediener ken nie, kan jy gerus 6667 probeer. Meeste bedieners lees ook poortnommers tussen 6665-6670, terwyl jy 7000 kan gebruik wanneer jy by Dalnet wil aanteken. Wanneer jy aan 'n bediener koppel, sal jy opmerk dat 'n rits reëls vertoon word asook 'n boodskap van die dag (Message of the Day - MOTD). Jy is gekoppel sodra jy die volgende boodskap lees:
Ongelukkig mag jy dalk ook die volgende boodskap kry: *** Attempting to connect (irc.network.net) Dit beteken dat jy toegang tot die bediener geweier word. Die weiering van toegang (k-line) is normaalweg te wyte daaraan dat jy een of ander reël verbreek het of dat toegang aan al die gebruikers van jou Internetdiensverskaffer geweier word (dit gebeur egter selde). Onthou dat die weiering van toegang tot een bediener nie beteken dat jy by al die bedieners wat jou aan dieselfde geselsnetwerk koppel, geweier sal word nie. 'n 'K-line' word dikwels ook na 'n paar dae opgehef. Daar mag ook ander redes wees waarom jy nie aan 'n bediener kan koppel nie, maar dit het normaalweg te doen met 'n swak internetkoppeling, 'n besige bediener, beperkings ten opsigte van gebruikers wat toegelaat word, ens. Probeer dan gerus 'n ander bediener. Internetaflosgeselsoperateurs verskil van kanaaloperateurs (sien volgende afdeling) in dié opsig dat hulle met die die instandhouding van 'n bediener of gedeelte van 'n geselsnetwerk gemoeid is. 'IRC Ops' soos hulle ook bekend staan,meng hulle egter nie in met die alledaagse bedrywighede binne die afsonderlike kanale nie. Moet hulle dus nie nader om jou te help om "ops" te herwin of hulle versoek om ander gebruikers af te skop nie. Dikwels is diegene wat hulle versoek om ander gebruikers van die bediener af te skop, self oortreders wat dalk 'n kanaal oorgeneem het. Moet ook nie jou lot by hulle bekla wanneer jy uit 'n kanaal geskop of verbied word nie. Stig dan eerder jou eie kanaal waar jy kan 'baasspeel', of sluit by 'n nuwe kanaal aan. Sommige kanaaloperateurs het wel modusse (bevoegdhede) wat bekend staan as BabyServ. BabyServ verleen aan 'n operateur die vermoë om 'n eie kanaal te herwin ná 'n kanaaloorname, of om operateurstatus aan hom of haarself of iemand anders in 'n kanaal te verleen indien daar geen operateurs in 'n kanaal is nie. BabyServ-bevoeghede word net aan 'n persoon toegeken vir 'n spesifieke kanaal waarvoor hy / sy dit aanvra en word verder net toegeken op grond van die aanbevelings van ander kanaaloperateurs en in gevalle waar sy / haar alias vir ses maande of langer geregistreer is. BabyServ verleen belangrike bevoegdhede aan 'n persoon en moet dus verantwoordelik en met groot omsigtigheid gebruik word. NickServ('n robot) verwys na die alias registrasiediens wat vandag nog net op enkele van die kleiner geselsnetwerke (Zanet) gebruik word en wat gebruikers in staat stel om hulle alliasse te beskerm. NickServ word nie meet op die groter netwerke gebruik nie, aangesien daar van die standpunt uitgegaan word dat alliasse nie 'besit' kan word nie. Diegene wat die alias van 'n geregistreerde gebruiker gebruik of misbruik word normaalweg ná 'n tydperk van 60 sekondes deur NickServ van 'n bediener afgeskop, behalwe as 'n geldige wagwoord intik word (sien afdeling oor aliasse).
Kanale en Kanaaloperateurs (Channels or Channel Operators)Kanale is die 'virtuele geselskamers' van 'n Internetaflosgeselsnetwerk en word deur 'n # aangedui (byvoorbeeld, #hotttub, #friends of #afrvolpret). Wanneer jy by 'n Internetaflosgeselsnetwerk aanteken, kan 'n lys van kanale aangevra word deur bloot die volgende opdrag in te voer: /list. Onthou dat sommige Internet-aflosgeselsnetwerke soos Dalnet uit duisende kanale bestaan en dat dit 'n lank ruk neem om 'n volledige lys van al die kanale af te laai. Om by 'n kanaal aan te sluit of jou eie een te skep, kan die volgende opdrag ingevoer word: /join #kanaalnaam. Indien die gekose kanaal reeds bestaan, sal jy daarby kan aansluit, anders sal jy jouself alleen bevind binne 'n kanaal wat jy geskep het (LW: geen permanente kanale kan op Zanet geskep word nie, hoewel ander groter wêreldwye Internetaflosgeselsnetwerke jou wel toelaat om dit te doen). 'n Kanaal kan verlaat word deur die volgende opdrag in te voer: /part. of /partall indien jy meer as een kanaal gelyktydig wil verlaat. Daar is normaalweg geen perke op die hoeveelheid kanale wat jy gelyktydig kan gebruik nie en jy kan die windows "tile"-opsie kies om al die kanaalvensters gelyktydig op jou skerm te vertoon. Elke kanaal het sy eie kanaaloperateurs. Dit is diegene wat as't ware toesig hou oor die bedrywighede binne die bepaalde kanaal en normaalweg ook die geselsonderwerpe bepaal. Hierdie operateurs het bepaalde funksies tot hulle beskikking om byvoorbeeld ongewenste persone uit 'n kanaal te skop of uit 'n kanaal te verbied. Kanaaloperateurs word normaalweg met 'n @ aangedui (byvoorbeeld @Dionysus). Die beleid met betrekking tot die toekenning van kanaaloperateurs binne gevestigde kanale wissel van kanaal tot kanaal. Normaalweg word nuwe kanaaloperateurs deur reeds bestaande operateurs aangewys op grond van die tydperk wat hulle reeds die kanaal gebruik het, die mate waarin hulle vertrou word en in sommige gevalle selfs hulle mate van kundigheid met betrekking tot die gebruik van Internetaflosgesels. Moet dus nie aanvaar dat jy outomaties 'n kanaaloperateur gaan word binne enige kanaal nie, mits jy jou eie kanaal skep en behartig. Die modusse van elke kanaal kan ook gestel word om byvoorbeeld geheimhouding te bewerkstellig, die aantal gebruikers te beperk, die onderwerp te verander, ens. Die volgende opdragte kan gebruik word om die modus van die kanaal te bepaal: /mode {kanaal} +b {alias|address} Verbied die vermelde alias (nick) uit die aangeduide
kanaal.
Alliasse of Byname (Nicknames) Kletsers of Internetaflosgebruikers gebruik (om verskeie redes) as 'n reël nie hulle regte name wanneer hulle gesels nie. Jou alias keuse en die wyse waarop jy jou alias of bynaam gebruik berus by jouself. Let op die volgende wenke: Jy kan jou alias registreer deur die volgende opdrag in te voer: /msg nickserv register "wagwoord". Ten einde die misbruik van jou alias te verhoed, moet jy seker maak dat jy die "set kill on" opsie aktiveer. Dit kan gedoen word deur die volgende opdrag in te voer (nadat jy jou alias geregistreer het): /msg nickserv set kill on. Dit is 'n eenmalige opdrag en sodoende word diegene wat jou alias om een of ander rede misbruik van die bediener afgeskop (gewoonlik na 'n tydperk van 60 sekondes). Onthou ook om altyd met jou wagwoord aan te teken, anders word jy self afgeskop. Dit kan gedoen word deur die volgende opdrag in te voer: /msg nickserv identify "wagwoord*. Waak teen die uitsluitlike gebruik van hoofletters in jou alias. Die gebruik van hoofletters word in die algemeen as ongeskik beskou. Moenie wonder waarom jy uit 'n kanaal geskop word as jou alias uitsluitlik uit hoofletters bestaan nie. Die gebruik van enkele hoofletters (byvoorbeeld, DiOnySus) is egter aanvaarbaar. Gebruik verkieslik 'n permanente alias. Dit
stel ander mense in staat om jou te leer ken en jou te identifiseer. Moet nie elke keer
van alias verwissel nie. Dit sal jou en ander net deurmekaar maak en die kans is
ook goed dat jy van die bediener afgeskop kan word, omdat jy per abuis die alias
van 'n geregistreerde gebruiker gekies het (bekend as Nickserv collide).
Lys van die Belangrikste Opdragte (Commands)WENK = Alle Internet-aflosgesels (IRC) opdragte begin met 'n vooroor skuinsstreep = / / Roep die vorige reël wat in die
huidge venster (window) ingevoer is, terug. WENK /pdcc (grepe) Gebruik hierdie opdrag om jou 'DCC' sessies te versnel! Aanbeveel = /pdcc 20000. Vir meer inligting en / of uitgebreide lys van opdrage blaai na: http://www.mirc.co.za/cmds.html
Lys van die Belangrikste AfkortingsHieronder is 'n lys van die vernaamste afkortings wat tydens Internetaflosgesels gebruik word. Ongelukkig is die meeste daarvan in Engels. Kan enige iemand help met Afrikaanse vertalings?
Gebruik van Kleure, Lettertipes (fonts) en Emotikons
Die gebruik van kleure en simbole wat bepaalde emosies uitbeeld, is net enkele van die vele maniere om jou geselservaring op te kikker. Dit kan met vrymoedigheid gebruik word. Om kleure te gebruik, druk Control+K om mIRC se kleurindeksvenster op te roep. Kies dan die kleur uit die venster soos hieronder vertoon.
Kies die lettertipe en lettertipegrootte deur ALT+V te druk:
Wenk = Gebruik die volgende 'Control' kodes om die formaat van jou teks te verander: Control-B vir
vetgedrukte teks Beskerming teen IndringersAlgemene opmerkingOmdat Internetaflosgesels geredelik toeganklik is vir enige iemand wat op die Internet rits, is daar boosdoeners (in meeste gevalle is dit mense wat niks het om hulleself mee besig te hou nie met pappies wat heeltemal te veel geld het) wat enige iets sal doen om ander gebruikers te benadeel en selfs so vêr sal gaan as om ander se rekenaars binne te dring (hack). Moet jou egter nie daardeur laat afskrik nie. Deur gepaste veiligheidsmaatreëls is dit moontlik om jou rekenaar teen sulke boosdoeners te beskerm . Die sleutelwoord is altyd VERSIGTIGHEID EN VOORKOMIING.
Hoe kan ek myself teen indringers, krakers (hackers), virusse en sogenaamde "nukers" beskerm?
Wat presies is "nuking"? (Diensweiering)Die begrip "nuke" word in die algemeen gebruike om die vele vorme van sogenaamde Diensweierings (Denial of Service of DoS) -aanvalle wat teen ander rekenaars gerig word wat op een of ander wyse aan mekaar gekoppel is. Sodoende word die 'aangevalde' rekenaar ontkoppel word of bloot gestaak (crash). In die VSA word Diensweieringsaanvalle ingevolge die National Information Infrastructure Protection Act of 1996 van dié land as 'n ernstige oortreding beskou en is selfs met gevangenisstraf strafbaar. Die slagoffers van sulke aanvalle is dikwels die gebruikers van Internetaflosgesels. Die bekende "blouskerm' is waarskynlik ook nie vreemd aan die meeste kletsers nie. Diensweieringsaanvalle is egter nie deel van Internetaflosgesels nie en die slagoffers geniet as 'n reël nie die beskerming van Internetaflosgeselsoperateurs nie. Moet ook nie probeer om sulke aanvalle as 'n persoonlik aanval te beskou nie, ondanks die feit dat diegene wat sulke aanvalle loods oortreders is. Die beginsel is: moet nie oortredings met oortredings vergeld nie. Daar is egter talle hulpmiddels en herstelprogrammatuur (patches) wat Diensweieringsaanvalle voorkom. Daar is twee soorte Diensweieringsaanvalle (DoS attacks):
Indien jy Windows 95 of NT gebruik kan jy gerus die 'EFnet #mIRC nuke information page' of www.irchelp.org/irchelp/nuke/info.html raadpleeg vir beskerming teen die klassieke aanvalle (nukes) soos newtear, land,teardrop, ssping, and winnuke. Sien ook afdeling oor programme om jou teen indringers te beskerm (Nukenabber). Hoe kan enige iemand toegang tot my rekenaar verkry? Die twee vernaamste programme (ook bekend as Trojaanse perde) wat gebruik word om toegang tot jou rekenaar te verkry is "Back Orifice" of "Netbus". Laasgenoemde is net twee van die meer as 150 soorte Trojaanse perde met nog sowat 700 verdere variasies daarvan. Ander bekende 'Trojaanse perde' wat gebruik word, sluit die volgdende in: GateCrasher, Master's Paradise, Deep Throat, Happy99/Ska, Phase 0, ens. Die nuutste is Back Orifice 2000 (BO2K) wat onlangs by 'n "Krakers"-byeenkoms in Las Vegas vrygestel is en geskryf is deur die "Cult of the Dead Cow". Talle anti-virussagtewarevervaardigers is egter gerat vir BO2K en teenmiddels soos Norton se 'Bloodhound' is by hulle nuutste virus definisies ingesluit.
Wat is "Trojaanse perde' en waar kom dit vandaan?"The term "Trojan horse" as is the case with many computer terms, is comes from Homer's Iliad. In the story the Greeks give a giant wooden horse to their enemies, the Trojans, as a peace offering. The Trojans drag the horse into their walled city, and once inside Greek soldiers, who are hiding in the horse's hollow belly, open the city gates. The Greek army then pours in and takes Troy by force" - http://www.cyberwalker.net 'Trojaanse perde' word saam met ooglopend "onskuldige" programme (speletjies, groetakaartjies, ens) versprei en word onwetend op jou rekenaar gebêre / geïnstalleer sodra jy 'n besmette program oopmaak, maar kan ook deur "Active-X controls" en selfs deur Mircrosoft Word / Excel-dokumente oorgedra, per E-pos as aanhangsels versend of per disket oorgedra word. Internetaflosgesels skep gulde geleenthede vir krakers om programme wat met "Trojaanse perde' besmet is aan onskuldige kletsers te stuur. 'n 'Trojaanse perd' soos 'Back Orifice' bestaan uit 'n kliëntapplikasie (op die aanvaller se rekenaar) en 'n bedienerapplikasie (op die slagoffer se rekenaar). Ten einde egter toegang tot die slagoffer se rekenaar te bekom, is dit nodig om sy IP-adres te hê. Hierdie nommer word normaalweg deur 'n Internetdiensverskaffer aan 'n rekenaar toegeken sodra dit by wyse van 'n modem aan die Internet gekoppel word en wissel elke keer wanneer die gebruiker weer aan die Internet koppel (hoewel rekenaars wat aan hoëspoeddienste (byvoorbeeld modemkabels, ISDN-verbindinge) gekoppel is 'n statiese IP-adres het). Dit maak dit aansienlik moeiliker vir 'n aanvaller om sy prooi op te spoor. In die geval van groter rekenaarnetwerke word beskermmiddele soos brandmure (firewalls) aangewend. Desondanks kan aanvallers steeds die IP-adresse van gebruikers wat aan 'n geselsbediener gekoppel is, skandeer vir bedieners soos 'Back Orifice' en beteken jou dinamiese IP adres NIE dat jy veilig is indien jou rekenaar wel met 'n Trojaanse perd besmet is nie. Sodra hierdie "Trojaanse perde" op die slagoffer se hardeskyf geïnstalleer is, stel dit die krakers, snuffelaaars of sogenaamde 'komperkappers' in staat om enige lêers op hulle slagoffers se rekenaar te lees (dit sluit persoonlike dokumente in). Aanvallers kan voorts hardeskywe of lêers skoon vee, inligting verander of programme laai, ens. Hierdie krakers kan ook 'n rekenaar vir wagwoorde en gesprekke dophou. Allerlei obsene boodskappe word dikwels aan die slagoffer gestuur of sy / haar CD-ROM laaikassie kan oop- en toegemaak word. Diegene wat toegang het tot jou rekenaar deur 'Trojaanse perde' kan opsommenderwys groot skade aanrig, soos om al die inligting en lêers wat jy op jou hardeskyf berg uit te wis of om selfs op allerlei slinkse wyses toegang tot jou bankrekening te bekom. Weereens is dit jou eie nalatigheid waarvoor jy uiteiendelik opdok. 'Trojaanse perde' versprei nie uit eie beweging nie. Wees dus waaksaam teen indringers en rus jouself behoorlik toe met anti-virussagteware.
Is daar enige programme beskikbaar om my teen indringers / snuffelaars te beskerm?Die volgende beskermingsprogramme kan van die Internet afgelaai word. Lees eers die instruksies (help / leesmy lêers) deur voordat jy die programme installeer en gebruik. Die lys :
Wenke:
Algemene Vrae - FAQ's (Stuur gerus jou vrae per e-pos aan irchulp@afrvolpret.freeservers.com)Waarom is ek uit 'n kanaal geskop of verbied?Dit gebeur selde dat 'n persoon sonder rede uit 'n kanaal geskop of verbied word. Let op jou gedrag, maak seker dat jou alias nie in hoofletters is nie en wees deelnemend. Moet nie net plek in die kanaal vat nie. Hoe gebruik ek skripte (scripts)?Vanweë die misbruik van daarvan ('Trojaanse perde' kan ook daar skripte versprei word), word 'scripts' nie op Zanet toegelaat nie. Daar is konflik in die kanaal waar ek my bevind, waar kry ek IRC 'ops'? IRC operateurs is betrokke by die instandhouding van netwerke en bedieners en nie daar om hulle met kanaalpolitiek in te meng nie. Moet hulle dus nie vra om iemand uit te skop wat die kanaal oorgeneem het nie of onmin in 'n kanaal te veroorsaak nie (sien gedeelte oor Babyserv).
Bronne geraadpleeg met die opstel van hierdie gids:Samuel Murray se afrikaanse internetterme Stigting vir Afrikaanse, Die - Rekenaarterme TigeR's IRC Help, Zanet, #Beginner
Addisionele ingligting kan verkry word deur die skakels te volg:Bo-Tree: The IRC Information Library The mIRC: Frequently Asked Questions about mIRC www.familychat.net: The Ultimate IRC Resource
Internetaflosgeselskliënte vir verskeie bedryfstelsels kan hier afgelaai word:BitchX (Windows, OS2, Linux, MacOS, SunOS, DOS) mIRC (16 & 32 bit weergawes vir Win3X, 95, 98 & NT)
Opstellers en ErkenningOpgestel deur K Graf Taalversorging deur JC Strauss Medewerker (s): John Murray
|
#AfrVolPret © 1999 E-Pos: afrvolpret@radiotuks.co.za |