
[Agtergrond]
[#AfrVolPret Ops] [#AfrVolPret
Reëls] [#AfrVolPret Nuus & Foto's] [Internetaflosgeselshulpblad] [Pret
& Speletjies] [Kuns & Kultuur]
[Skakels]
gedigte
[gedigte] [verhale] [grafiese kuns]
[gebeure
[Bladsy 1] [Bladsy 2] [Bladsy
3] [Bladsy 4] [Bladsy 5]
"Elke mens het n
obsessie
En myne is nie jy nie
Maar troos jou daaraan, donker kind
Ek hoef nie verder te ry nie
Want iewers, iewers tussen ons
Maak n fantasy my skoon bewoë
Dis daai vreemde mens diep in jou
Dis daai gypsy in jou oë
Eks crazy, crazy, crazy ..."
(Koos Kombuis - Die Gypsy in jou Oë)
******
Hoe lank
nog?
Kyk,
in die vlak poele van die lewe
is plastiek klippe volgens rang uitgepak
wat dobber en bots
en plastiek klanke klots
hoe lank dan nog?
Op die breë lewenspaaie is
daar vele afdraaie
na wie weet waar
en by elke stop
stamp ek harder my kop
Hoe lank dan nog?
Die wysheid roep hardop
daarbuite
sy verhef haar stem op die pleine
hoe lank dan nog
sal die eenvoudiges
die eenvoudigheid liefhê
en spotters bly spot
Hoe lank dan nog kan jy dit
als ignoreer
die dae net om jouself sentreer
en niemand anders toelaat
Hoe lank dan nog?
Anna S
******
LSD
Ek sien die swerwer
wat drentel in die donker steeg
sy oë lyk wild
en hy uitgeteer ... gedwel
deur 'n eensame liefdelose kwel
... nou immuun teen realiteit
stadig sien ek hom gebukkend staan
teen die muur
sluk die pil in sy geel gevlekte hand
druk die papiertjie in sy mond
skynbeeld maak sy portale oop
en grapmaker verbrysel op sy kaart
oneindige stomp sterre sluk hom in
hy sweef tussen sonne en mane
groteske woude en eindelose strande
koeiplaneetgansdonshans
stede met kopertorings
al met die melkweg langs
wolf val in die vuur
en die kapokvoëltjie gluur
lewe sonder droef
die donald duck in sy hand sê sy laaste sê
al is die steeg
leeg
pynig vier mure sy siel
en die demone in sy kop (?) druk hom vas
teen die rant can die asblik
waaraan hy verbeteloos klou
dan word hy stil ...
val stuiptrekkend neer op die vullis
maar dis okay
die Here sal hom oppas
tot die eerste sonstrale hom uit die donker haal
Anon
******
laasnag (ontkenning)
vanoggend toe ek opstaan
die deur oopmaak
verblind word deur die skerp sonlig
sien ek in die gangetejie voor my flat
ingetoë
(en taamlik bewoë)
'n dogterjie met trane in haar oë
(het-master-my-ma-gesien? êrens?)
... sy is 'n vreemdeling dink ek
een van die meide se kinders
en stoot die deur weer haastig toe
tas na die panados en lemoensap in my vuil kombuis
tussen daggastompies en halfleë bottels goedkoop wyn
ek wonder wie se bruin lyf lê nog in my bed
maak-nie-saak-nie
want my beursie is leeg
en iets van laasnag se fuifery maal nog soos 'n ou droom deur my kop
kg
******
Soms
Soms is ek hartseer
soms is ek kwaad
soms wil ek liefhê
soms wil ek haat
Die lewe is wreed
hy speel met ons rond
Geluk is 'n vlinder
ongesiens, ongegrond
Dood die werklikheid
Wag vir ons in
Blydskap 'n illusie
vlug, maar bemin
Soms is daar vreugde
soms wil ek huil
soms wonder ek
wat die lewe vir my skuil
db (1990)
|