|
| Dionysus_ / Dithyrambus
DIONYSUS or BACCHEUS
Nick: Dionysus_ / Dithyrambus
Dionysos is in Thebes gebore as die seun van Zeus en die prinses Semele, en was die enigste god wie se ouers nie beide goddelik was nie. Ongelukkig het Semele tragies gesterf. Zeus wat dolverlief op haar was, het hoog en laag op die rivier Styx gesweer dat hy enige iets sou doen wat sy aan hom sou vra. Sy het daarop aangedring om hom in sy volle goddelike gedaante te sien. Zeus het geweet dat geen sterfling so 'n oorweldigende gesig sou kon oorleef nie, maar was gedwonge om toe te gee. Semele is inderdaad oorweldig deur die aangesig van Zeus, die god van donder, en het gesterf. Zeus het die fetus van Dionysos uit haar liggaam verwyder en vir sy jaloerse vrou Hera weggesteek tot met sy geboorte. In sy vroeëre jare is Dionysos deur klein Nimfe van Nysa versorg. Nadat hy volwassenheid bereik het, het hy rondgereis en ander mense se vaal lewens opgekikker. As die god van wyn het hy mense geleer om wingerde te plant, om wyn te gebruik om vrolik te raak en inspirasie daaruit te put. Op 'n dag het 'n skip vol seerowers naby die kus van Griekeland verbygevaar. Hulle het 'n pragtige jeugdige op 'n landpunt aan die kus gesien wat so betowerend was dat hulle gedink het dat hy 'n prins was wie se ouers 'n duur losprys sou betaal. Die seevaarders het Dionysos gegryp en gepoog om hom op die skip vas te maak, maar die toue het uitmekaargerafel en Dionysos het net gegrynslag. Die stuurman het besef dat hy 'n god moes wees en dadelik vrygelaat moes word. Die kaptein het egter die stuurman se smeekbede geïgnoreer en sy bemanning beveel om die seil te hys. Die skip kon egter nie beweeg nie, wyn het oral oor die dek gevloei, 'n wingerd het oor die seile gegroei en 'n klimopplant met vrugte en blomme het al om die mas gegroei. Die skip is sodoende heeltemal versier. Teen die tyd dat die seerowers besef het wat gebeur het, was dit reeds te laat. Dionysos het hom in 'n brullende, klouende leeu verander en die skip se hele bemanning het uit vrees oorboord gespring, behalwe vir die verstandige stuurman wie se lewe gespaar gebly het. Die res van die bemanning is in 'n oogwink in dolfyne verander. In Thrasïe, is Dionysos beledig deur 'n koning met die naam van Lycurgus wat gekant was teen die verafgoding van die wingerdstok (een van diegene wat hom vir geheelonthouding beywyer het). Dionysos het hom so bietjie gestraf deur hom in 'n grot aan te hou totdat hy gekalmeer het. Zeus het egter ook ingegryp en Lycurgus met blindheid gestraf. Ligloop geheelonthouers ... !! Dionysos het ook in sy leeftyd verlief geraak op Ariadne prinses van Kreta, terwyl hy haar getroos het nadat sy deur haar disfunksionele minaar, Theseus geslaan en misbruik is. Sy het egter gesterf en Dionysos het haar kroon geneem en 'n ster daaruit geskep. Dionysos het ook nooit sy moeder Semele vergeet nie en het eendag na Hades (die onderwêreld) neergedaal. Daar het die sagmoedige Pluto hom toegelaat om haar op te neem na Olympus ten einde 'n tydjie saam met die gode te verwyl, al moes sy in die bediendekamer vertoef. Dionysos was, soos 'n ruk 'n rol-held, pronkerig, maar ook verloklik en het 'n groepie aanhangers gehad wat as Menade bekend gestaan het. Hulle het hom Dion genoem en hulle uitspattige dae verwyl deur in die woude rond te huppel, towerstawe rond te swaai en kruike wyn uit te drink. Hulle het ongelukkig ook die gewoonte gehad om al die dierjies wat hulle kon vang te verskeur en die rou vleis te eet. As karnivoriese blommekinders het hulle, hulle tyd in die natuur verwyl en Dionysos aanbid omdat hy die god van 'n vrolike tyd was. Dionysos het deur sy reise weer in Thebes (sy geboortestad) uitgekom. Teen daardie tyd is Thebes deur sy neef Pentheus geregeer. Pentheus, wat nie van Dionysos se ware identiteit bewus was nie, was nie besonder beïndruk met Dionysos en sy uitspattige, singende, vrolike volgelinge nie. Hy het sy wagte beveel om almal van hulle op te sluit. Ondanks die waarskuwings van die ou profeet Teiresias aan Pentheus dat Dionysos 'n god is, het hy voortgegaan om Dionysus en sy volgelinge te laat opsluit. Nie lank daarna nie het die wagte opgemerk dat die toue uitmekaar geruk is en dat dit onmoontlik was om Dionysus en sy volgelinge op te sluit. Pentheus en sy eie volgelinge (insluitende sy moeder en suster) het Dionysos agterna gesit, maarDionysos het in sy aakligste vorm voor hulle verskyn en hulle almal tydelik mal gemaak sodat hulle gedink het dat Pentheus 'n bergleeu was. Pentheus se eie volgelinge het hom verskeur en sy moeder was die eerste om sy kop van sy lyf te skeur. Dionysus het wreed gesterf aan die hand van 'n spul Titane. Tog het sy nalatenskap 'n treffende impak gehad. Sy hergeboorte of herlewing word geassosieer met die seisoenale herlewing van die wingerdstok: "Here his dismemberment by the Titans and return to life is symbolically echoed in tending vines, where the vines must be pruned back sharply, and then become dormant in winter for them to bear fruit" (1). Sy herlewing het die wederopstanding ná die dood verbeeld. Jaarliks is rites ter ere van sy wederopstanding gehou: "The yearly rites in honor of the resurrection of Dionysus gradually evolved into the structured form of the Greek drama, and important festivals were held in honor of the god, during which great dramatic competitions were conducted. The most important festival, the Greater Dionysia, was held in Athens for five days each spring. It was for this celebration that the Greek dramatists Aeschylus, Sophocles, and Euripides wrote their great tragedies" (2). Die woord tragedie is afkomstig van die Griekse woord tragos, wat bok beteken. Die bok was heilig en simbolies van Dionysos. Ten einde laaste het die Grieke ook geglo dat Dionysos die een was wat hulle geleer het om druiwe te kweek, wyn te maak en allerlei landboutegnieke te gebruik. Vir die bekende Duitse filosoof Friedrich W Nietzsche was Dionysos 'n weerspieëling van die kreatiewe kragte binne die natuur: hierdie begeesterende, impulsiewe kragte teenoor die harmonieuse orde weerspieël deur die Griekse god Apollo ""the shining one", the god of light - who rules over "the beautiful illusion of the inner world of fantasy"(3). Apollo word verbind met die beginsel van orde,
harmonie en vorm. Walter Kaufmann wys daarop dat Apollo beheer uitoefen oor die
"power to create harmonious and measured beauty; the strength to shape one's own
character [as well as]...works of art; the 'principle of individuation'; [and] the form
giving force which reached its...[peak] in Greek sculpture"(4).
Apollo (wat met 'n beeldhouer vergelyk word) omskep dus die chaotiese rou energie van '
droom '-lewe (sy roumateriaal) in iets wat vorm het: " This
form-giving force of Apollo takes on the guise of measured restraint as it keeps us
from being completely swept away by our dreams and fooled into thinking that they are a
direct source of truth. In other words, Apollo functions as the god of control and
order through reason"[4]. Daarteenoor was Dionysos
vir Nietzsche by uitstek "the principle of life and vitality".En verder verwysend na hierdie lewensdrif: "Without it, there
would be nothing but dead, empty form. Without it, Apollo would have nothing to animate
his forms. But with it, all sorts of human expression is made possible. With it, the world
is brought into sexual and artistic, emotional and physical activity. Dionysus is the
engine that powers life. He is the creative force in nature, i.e. nature as the universal
artist"[5]. Aldus
die ontstaan van die Griekse tragedie. Wat beteken dit egter vir die ons? Quigley
[6] verduidelik soos volg: " Now with the form-giving
force manifest through Apollo and present spontaneously in dream images, and life-giving
force manifest through Dionysus and revealed through ecstasy and intoxication, Nietzsche
feels he has all he needs to explain, in a primal sense, the emergence of art in human
life ... Human life itself is a work of art produced by the forces of nature. The impulse
in nature which is responsible for the spontaneous production of life is the same impulse
that gives rise to the urge felt by humans to create something new. In particular, the
images that appear spontaneously in our dreams and are not entirely determined by one's
own personal intellectual and artistic predispositions, and the intoxicated,
life-enhancing feeling that transcends form, are the "immediate art-states of
nature" relative to which the human creator of art can only be an imitator. Human
activity depends upon and, in that sense, reflects or mimics the workings of
nature." Nietzsche se beheptheid met Dionysos kan gelees word as voortspruitend uit sy strewe na 'n kultuur of lewenswyse wat die lewe bevestig (wat ja sê vir die lewe) en nie bloot 'n kultuur of mensdom wat onder alle omstandighede deur rede en matigheid oorheersword nie. Die bestaan moet eerder aangevuur word deur passie en lewenslus (a la Dionysos).
1) Anon.The Lesser Gods. http://www.desy.de/pub/uu-gna/interpedia/greek_myth/lessorgod.html (terug) 2) Microsoft Encarta, 97. 1997. [CDROM.] Microsoft Corporation 3) Nietzsche, Friedrich W. 1967.The Birth of Tragedy and The Case of Wagner, trans. Walter Kaufmann. New York: Random House, 108 (terug) 4)Quigle, TR. 1997. Commentary on The Birth of Tragedy (1871): Friedrich Nietzsche. http://www.panix.com/~squigle/sva/nietzsche.html. (terug)
|
#AfrVolPret © 1999 E-Pos: afrvolpret@radiotuks.co.za |