Free Web Hosting Provider - Web Hosting - E-commerce - High Speed Internet - Free Web Page
Search the Web

Agtergrond

[Agtergrond] [#AfrVolPret Ops] [#AfrVolPret Reëls] [#AfrVolPret Nuus & Foto's] [Internetaflosgeselshulpblad] [Pret & Speletjies] [Kuns & Kultuur] [Skakels]


Agtergrond


Die kanaal #AfrVolPret, is gestig deur Lisa, op 02/06/1998. 'n Klein kanaaltjie, 'n alternatief op die gewone, 'n lekker kuierplekkie - amper soos 'n Ierse pub of kroegie, die uithangplek van die malles onder die malles, die crème de la crème van die IRC gemeenskap ... besluit maar self :-)

In die tannie se eie woorde :

"Soms doen mens dinge op die ingewing van die oomblik.. sonder om dit te deurdink... die ontstaan van die kanaal was een van DAAI dinge :)"

"Sommer net eendag.. kannie eers onthou wanneer nie!... êrens in Mei/Junie... het ek in een van my verveelde oomblikke die # oopgemaak.. met die doel om vir 'n uur of wat met 'n paar vriende bietjie lekker te kuier.. en sommer net dinge te sê en doen wat gewoonlik nie gedoen word nie. Meeste kanale raak maar bra gevrek en dus was die uitsluitlike doel om wakker te word en PRET te hê !"

"Ek nooi toe 'n paar vriende oor: die reëls: geen geskinder nie ... geen baklei nie ... NET pret!!!"

"En WHALA... die # is gebore! Ons kuier toe tog te lekker saam.. volgende oggend toe ek inlog.. raai wat sien ek: Een van hulle het reeds die kanaal oopgemaak.. Nou is dit 'n gereelde kuierplek :) Al die stoutste ...en soetste verwagtinge is oortref :) en die baba groei daagliks voor ons oë!!!"

Kom gerus in, skop uit jou skoene, hang jou baadjie by die deur en geniet jouself ... die kanaal #AfrVolPret is soos die naam sê ... vol PRET !!

 


 

#AfrVolPret © 1999

E-Pos: afrvolpret@radiotuks.co.za

TERUG NA TUISBLAD